Hierdie toeristebestemming en wildveiling lokaal sluit onder andere in 'n 46ha wildkamp met gewone, swart, wit en koper springbokke, gewone en swart rooibokke en Nyalas. Die wildveiling lokaal sluit onder andere in 'n Buffel boma met 7 aparte hokke en 1 groot hok, elk met sy eie water- en voerkrip, 'n Groot boma met 67 hokke vir verskillende wild soorte en 2 kameelperd hokke, elke hok met sy eie water- en voerkrip, 'n groot verstelbare laaibank en 'n oorhoofse besigtigings looparea van 3 125m², asook 'n 2 400m² voerstoor. Beide boma's is gebou en toegespan volgens geldende kwarentein regulasies. Vir toeriste wat net lekker wil kom ontspan word aangebied 'n 4 slaapkamer woonhuis met 2 badkamers, 2 sitkamers, 'n binnebraai area en bediendekwartier, asook 3 Gasterondawels, elk met sy eie badkamer, en 'n groot 2 slaapkamer Damhuis met 'n groot oopplan kombuis en leefarea, elke slaapkamer met sy eie badkamer. Verder bied hierdie eiendom ook 'n 3,6 ha lusernland met nuwe lusern onder 'n 1 toring spilpunt, 'n vliegtuig hanger, 'n onthaalsaal met mans en dames badkamers, asook 'n slagkamer met toepaslike koelkamers.
Purchase Price R 7 250 000
Type of PropertyFarm
ZoningAgricultural
Land Size46 m2
Last Updated07 Aug 2025
Add Email Alert
To receive emails for similar properties in Barkly West Rural!